Terug

Privaatheid

Weergawe van 25 November 2026

1. Wie is verantwoordelik

Hierdie app behoort aan die NG Kerk Bergsig, Newcastle. Die gemeente is verantwoordelik vir die inligting wat jy hier gee. 'n Lidmaat van die gemeente bestuur die app as administrateur namens die gemeente.

Vrae of versoeke oor jou inligting gaan na die kerkkantoor. Die besonderhede is onder Kontak in die app.

2. Watter inligting ons hou

3. Hoekom ons dit hou

Om die app te laat werk, sodat die dominee jou in die Bybelstudie kan begelei, sodat die kerk met jou in kontak kan bly, en om die app veilig te hou. Ons doen dit met jou toestemming. Jou inligting word nie verkoop nie en nie vir advertensies gebruik nie.

4. Wie sien wat

5. Waar dit gehou word en wie ons help

6. Hoe lank ons dit hou

Solank jy die app gebruik. Jy kan jou eie besonderhede en foto enige tyd self op die Ek-bladsy verwyder. Vra die kerkkantoor as jy wil hê jou hele profiel, met jou antwoorde, moet verwyder word; ons doen dit binne 30 dae. Rugsteunkopieë verval vanself binne ses maande.

7. Jou regte

Volgens die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) mag jy:

As jy nie tevrede is met hoe ons jou inligting hanteer nie, praat eers met die kerkkantoor. Jy mag ook by die Inligtingsreguleerder kla: www.inforegulator.org.za.

8. Kinders

As jy jonger as 18 is, moet 'n ouer of voog hierdie kennisgewing saam met jou lees en toestemming gee voordat jy aansluit.

9. As dit verander

As hierdie kennisgewing verander, wys die app jou die nuwe een en vra jou om dit weer te aanvaar.